

BIERBROODJIE IN VARKIE-OOND
500 g wit bruismeel
5 ml sout
10 ml olyfolie
250 ml gerasperde cheddarkaas
10 gekapte swart olywe
125 ml gaar spek wat in blokkies gesny is
‘n klein bietjie gekapte vars of droë kruie na smaak (ek het vars tiemie en pietersielie gebruik)
1 blikkie (340 ml) bier
Meng die meel, sout en gerasperde kaas, olywe, spek en kruie saam in ‘n groot mengbak.
Gooi die hele bier en olyfolie by en meng goed.
Sit die meelmengsel in ‘n gesmeerde broodpan van sowat 18 cm x 8 cm.
Bak in die varkie-oond of ‘n warm oond teen 180 °C vir sowat 45 tot 60 minute.
BRON- Louise Venter







Heather Strumpher Linda Venter,ek het nou al 2 dae agtermekaar die varkie met net soppoeier op gemaak in my arguilla braaipan, ongelooflik lekker,baie dankie