
WIT VRUGTEKOEK
1½ koppie rosyne
1½ koppie sultanas
250 g kersies gesniper
1½ koppie bruin suiker
6 eiers
2 teelepels bakpoeier
2 teelepels gemengde speserye
2 eetlepels gekapte amandels
1½ koppie korente
3/4 koppie brandewyn
1½ koppie botter
3 koppies meel
½ teelepel sout
½ koppie melk
Meng al die droë vrugte saam, gooi die brandewyn oor en laat staan oornag. Klop botter en suiker tot romerig. Klits die eiers een vir een by. Voeg die vrugte en amandels by en meng goed. Roer die droë bestanddele by, indien die mengsel te styf is kan nog ‘n bietjie melk bygevoeg word. Voer ‘n pan of kastrol uit met 3 lae goed gesmeerde bruinpapier. Gooi die mengsel in die pan en bak in ‘n matige oond 180º vir 2½ tot 3 ure. Gooi die koek uit en laat afkoel. Smeer die koek met brandewyn. Smeer die koek na 2 dae weer brandewyn, en daarna soos verkies.
-Karien Coetzee






