

MIKROGOLF VRUGTEKOEK
(heerlik!)
500 g vrugtekoekmengsel
205 g bruin suiker
130 g margarien / botter
250 ml water
5 ml koeksodae
100 g glanskersies in kwarte gesny
10 ml kitskoffiepoeier
500ml koekmeelblom, gesif
5 ml bakpoeier
5 ml gemengde speserye (mixed spice)
5 ml kaneel
2 eiers, geklits
100 g pekanneute
brandewyn
Metode:
1. Plaas koekvrugte, suiker, botter/margarien en water in ‘n diep mikrogolfbak. Bedek met kleefplastiek of mikrogolfdeksel en mikrogolf vir 5 – 6 min. by 100% krag. Roer twee maal tussenin.
2. Voeg koeksoda, kersies en koffiepoeier by. Roer en laat mengsel heeltemal afkoel. (Die mengsel sal opbruis sodra die koeksoda bygevoeg word.)
3. Sif meelblom, bakpoeier, speserye en ‘n knippie sout saam. Roer om die beurt met geklitste eiers by afgekoelde vrugtemengsel.
4. Voeg neute by en meng goed.
5 Smeer ‘n diep ronde (24 cm) mikrogolfbak of glasbak liggies (of Spray n Cook dit), voer die boom uit met kombuispapier. Skep beslag in die voorbereide bak, en mikrogolf vir 20 minute by 50% krag en dan vir ‘n verdere 20 minute by 30% krag.
6. Laat koek heeltemal afkoel in bak en keer dan uit. Gooi genoeg brandewyn (ongeveer 75 – 100 ml) oor. Draai toe in foelie.
Wenk: As die koek ‘n klam kol in die middel het, bedek die rand van die bak met foelie en mikrogolf vir 3 – 4 min. by 100% krag.
Resep: Alet van Zyl







Christa Conradie Kruczynski
Ek het hom al baie gebak altyd n treffer.