

TRUFFELS MET ‘N SKOP
Lewer ongeveer 48
200 g sjokolade gesmelt
100 ml gouestroop
75 ml brandewyn
100 ml donker rum
400 g mariebeskuitjies, verkrummel (2 pakke)
200 g pekanneute fyn gekap (400ml)
40 ml versiersuiker
Meng al die bestanddele, behalwe die versiersuiker, deeglik Rol die mengsel in balletjies en bedek met versiersuiker Verkoel dit totdat dit ferm is en bewaar dit in lugdigte houer tot voor bediening WENK Die truffels kan tot drie weke lank in yskas bewaar word, maar dit smaak die lekkerste na een week
FOTO- Stompie Theron Borman






