Vir die beslag:
1 koppie bruismeel, plus ekstra om die vis mee te bestuif
1/2 bottel bier (ongeveer 165 ml)
sout en peper
Vir die vis:
ongeveer 1 kg vars stokvis fillette, skoongemaak en grate verwyder (ongeveer 200-250g per persoon)
500-750 ml canola of sonneblom olie, vir vlakbraai
1. Verhit die olie in ‘n wye swaarboompot oor medium hitte totdat dit ongeveer 160 C warm is (die olie moet ongeveer 3-4 cm diep wees).
2. Terwyl die olie verhit, maak die beslag: in ‘n mengbak, meng die bruismeel met die bier en geur met sout en peper. Dit is ‘n dik beslag.
3. Neem een porsie vis op ‘n slag, bestuif dit oraloor met bruismeel, doop dit dan in die beslag en plaas versigtig in die olie. Na ongeveer 2-3 minute sal dit goudbruin wees aan die onderkant. Draai die vis om en braai vir ‘n verdere 2-3 minute totdat dit oraloor mooi goudbruin is. Verwyder van die hitte met ‘n gaatjieslepel en dreineer om kombuispapier. Herhaal met die ander vis porsies.
4. Bedien met mayonnaise en ‘n vars groen slaai of slap tjips.
Foto: Adriana Wait Louw








