


KOOKMELK KOEKIES
6 x 250 ml ongesif afgemeet koekmeel
1 ml sout
500 g margarien
125 ml melk
500 ml suiker
10 ml koeksoda
Meng koekmeel en sout. Vryf margarien met vingers daarin tot goed gemeng.
Verhit suiker, melk en koeksoda saam oor matige hitte in ‘n groot kastrol tot kookpunt.
Roer af en toe en pasop vir oorkook, want mengsel begin skuim wanneer dit begin kook.
Gooi warm kookmelkmengsel oor meelmengsel en meng goed.
Plaas in ‘n houer met ‘n deksel. Maak toe en verkoel oornag.
Maak koekies en plaas ‘n entjie uitmekaar op ‘n bakplaat.
As die deeg in balletjies gerol word, druk hulle met ‘n vurk platter.
Bak in ‘n voorverhitte oond by 200ºC vir 10 – 12 minute.
Laat effens afkoel en plaas dan op ‘n draadrak om heeltemal koud te word.
Hierdie deeg kan ook deur ‘n vleismeul koekiemaker gedruk word met verskillende vorms.
Lewer sowat 12 dosyn koekies
Resep: Carol Elliott Claassen
Foto: Marie Grobler
VERSIERSEL
500 ml versiersuiker
2 teelepels suurlemoensap
2 eierwitte
1 teelepel vanilla geursel
Gooi alles saam en klits. Dit moet nie meer so erg blink wees nie, so 5 min se klits of langer.
As jy dit klaar geklits het dan verdeel ek dit in verskillende bakkies en voeg dan elkeen se kleursel by, ek smeer dit sommer met ‘n mes op wat ek in ‘n bietjie water doop en ek maak dus my versiersel nie so slap aan nie. Maar klits dit baie goed anders word dit nie hard nie.







geskuif