

SOETRISSIE HARTE EN TAMATIE SOENTJIES
350 g maalvleis
2 eiers
2 koppies
Basmati rys
2 uie
3 kleure soetrIssies of 6 middelgroot vleistamaties
Pak bolenaise chips
Pietersielie, knoffel, sout, peper, tiemie, basil, roosmaryn, borrie, “chicken stock” blokkie en Robertson portugese “chicken spice”.
Kook rys met 1 teelepel borrie en “chicken stock” blok. Sny uie en braai in olie, braai maalvleis saam. Pers knoffel en voeg by, voeg sout, peper, pietersielie, kruie en “chicken spice” by. Braai tot lekker gaar en voeg die 2 geklitste eier vinnig roerend by sodat die maalvleis plakkerig word. Sny die soetrussies in drie dele of half. Sit die maalvleis mengsel stewig in en sit in muffin pannetjie om mooi regop te bly. Krummel die chips oor en druk stewig op die maalvleis. Bak in oond vir 25 min op 180 ºC.
Vir die tamatie doen jy so. Hol die tamaties mooi uit en voeg die inhoud by die maalvleis. Braai weer bietjie. Vul die tamaties met die maalvleis mengsel en sit dit in die muffen pannetjie, krummel hier ook chips oor en bak weer in oond vir 15 min op 180ºC.
Resep en foto: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot






