Voorverhit oond tot 180ºC en smeer 2 koekpanne van 23 cm.
Meng die kakao en kookwater tot klontjies opgelos is en laat die mengsel eenkant staan om af te koel. Klits die eiergele saam en klits die suiker bietjies gewys by, hou aan met klits tot dik en liggeel. Roer die kakaomengsel, kookolie en vanilla by die eiermengsel. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en roer dit ook by die eiermengsel.
Klits die eierwitte net tot styf en vou dit met n metaallepel in by die deeg. Giet die deeg in die panne en bak vir 25 – 30 min tot gaar. Keer die gaar koeke uit op ‘n draadrak en laat koud word. Versier soos verkies.
Nota:
Foto 2: Lucinda Booyse – Ek het hierdie resep by my ouma gekry, dit kom oorspronklik uit die Huisgenoot wenresepte. Vir die vulsel tussen die 2 lae, klits karamelkondensmelk en bietjie vars room tot smeerbaar. Smeer van die roomkaramel op die een koeklaag en plaas die 2de laag koek bo-op die karamel.
Vir die versiersel bo-op, smeer die res van die roomkaramel bo-op die koek, smelt heelneutsjokolade met ‘n bietjie room om ‘n ganach te vorm en giet dit bo-oor die roomkaramel. Ek moet sê dit was regtig yummy.
Resep getoets en foto 1: Elsa van der Westhuizen









