

SJOKOLADE CHILLI, KOFFIE EN COKE BEESTERT
Rol beesstert in gegeurde koekmeel en braai bruin skep uit.
Braai uie in kwarte of klein ronde uitjies in dieselfde pan.
Dan pak ek gesnipperde sampioene, beesstert en uie, en grof gesnyde tamaties, heel koffel husies sommer oral oor!
Voeg dan by:
1 bottel Steers Monkey Gland sous
2 blikkies coke
2 koppies sterk swart koffie waarin ek so 4 blokkies donker sjokolade smelt
1 heel rooi vars rissie
Sit in oond op so 160°C vir 2 uur. My groentes kook ek eers eenkant bietjie sag in beefstock, dan sit ek dit saam stert vir nog half uur in oond en gooi net aangemaakte pakkie bruinuie sous oor om sous bietjie te verdik!
Resep: Gigi Robinson







geskuif
done