
Rasper die skil van die lemoene en hou dit eenkant. Sny die res van die skil af, gooi dit weg en sny die vleis in klein stukkies. Sit die stukkies in ’n bak saam met die sap van die gesnyde lemoen en die suurlemoensap.
Klits die botter, suiker en sitrusskil goed saam. Voeg die eiergele by en klits goed.
Voeg die meel en melk by en roer die stukkies lemoen en die sitrussap by.
Klop die eierwitte tot stywe punte vorm. Vou dit liggies by die mengsel in. Gooi in ’n oondvaste bak. Sit die bak in ’n oondpan wat halfvol water is.
Bak in die verhitte oond vir ’n uur of tot die poeding ferm voel wanneer jy daaraan raak. Sit warm voor met room.
Karen Basson van Darling bederf ons met haar heerlike kos.






