Maak blikkie pynappels mooi oop, verwyder deksel heeltemal, gooi al die sap uit in ‘n koppie. Los die ringe in die blik.
Maak nou die pakkie jellie aan met bietjie warm water in middelslag glasbak, net tot ligte stroop, gooi pynappelsap weer terug en roer baie goed saam tot al die jellie suiker opgelos is, gooi terug in blikkie bo-oor die pynappels, tot heelbo vol.
Sit in yskas vir minimum 2 ure. Maak kante mooi los met slaplem-mes, en skud uit…
Nota: maak met baie min warm water aan en vir veiligheid gooi 5m gelatien by die jellie om seker te maak dit stol goed.







