ONS MAAK TRUFFLES
125 g margarien
250 ml versiersuiker
100 ml kakao
1 ½ pk mariebeskuitjies
125 ml konfyt
5 ml vanilla geursel
125 ml klapper
Smelt die magarien, sif die versiersuiker en kakao by en meng goed.
Maak koekies baie fyn en voeg by die mengsel.
Voeg die konfyt en geursel by en meng goed.
Maak bolletjies, rol in klapper en bere in die yskas tot mooi gestol
Nota: Indien mengsel te pap is breek nog ‘n paar koekies by.
Resep: Dawie vd Heever








