

KONINGIN CUPCAKES
¾ koppie koekmeel
¾ koppie suiker
90 g margarine, gesmelt nie warm
2 ½ teelepel bakpoeier
1 eier
¾ koppie melk
knypie sout
5ml Vanilla geursel
1 koppie gemengde droëvrugte(cake mix)
Sif droe bestanddele saam en voeg vrugte by. Voeg eier, melk en vanilla geursel by margarine en meng effens. Voeg by droë bestanddele. Bak tussen 200ºC en 180ºC vir 12 min in patty pans.
Maak so 24 uit een beslag
Baie lekker!!!
RESEP: Zinnet Wolfaardt Visser






