Ek kook mos maar so uit my kop uit – ek het dit in die elektriese kookdrukker gemaak maar mens kan dit in enige pot maak op stoof of self op die vuur in ‘n swartpot – ek so gemaak :
Braai klomp opgekerfde uie in olie – voeg dan knoffel by – ek het rissieknoffel bygegooi en opgekapte rissie – die gereg moet ‘n byt aan he – voeg dan 500 g hoenderlewers grof opgesny by.
Voeg enige speserye van jou keuse by – swartpeper – rooipeper – knorr granuals – en dan ‘n absolute moet is ‘n hele paar bayleaves.
Braai alles lekker saam – voeg so glas rooiwyn by – kook effens deur (net vinnig). Skep dit uit die pot uit en hou eenkant.
Braai nou die hoendernekke bruin (maak hulle eers mooi skoon ) voeg dan hoenderboude by en braai tot mooi bruin.
Skep uit die pot.
Plaas die afgespoelde rou rys in die pot – giet heelwat water in (die rys suig die vloeistof gou op ) voeg nou die lewers by en meng. Sit die nekke en boudjies in en dan strooi sout bo-oor – meng liggies – moennie roer nie.
Rys en lewers moet onder bly en res bo. Kook in die elektriese pot – vir net 16 minute – en daar is jou makakos !
Die gereg moet ‘n lekker byt aan hê en moet souserig wees so mens kan sommer klomp water byvoeg. –
Eet dit saam met portugese broodrolletjies en ‘n lekker groen slaai – en die lekkerste is om daardie sagte hoendernekkies so af te suig – so moenie “grand” gaste nooi as jy die gereg maak nie – dit is regtig heerlik.
Resep en foto: Marietjie Nel