CALAMARI STEAK MET GARNAALSOUS
Laat le die calamari steaks eers vir so 10 min in louwarm water waarin so ‘n teelepel koeksoda opgelos het. Spoel af, doop in eier, dan in krummels en braai in mengsel van botter en olie (ek verkies olyf). Medium hitte en bak net vir 3-4 minute aan elke kant (hang af hoe dik die steak is), want calamari moet nie te lank gaargemaak word nie, ander word dit taai.
Ek gebruik dan dieselfde pan en maak dan ‘n ‘shrimp’ roomsousie daarby om oor die steaks te gooi. Braai eers die shrimps saam met knoffel voeg dan room, wit wyn, aromat en swart peper by. Ryk, maar baie lekker. bedien saam met suurlemoen, ‘fried rice’ en ‘n lekker vars slaai.
Gillian Logan Bredenhann








