MA RUTH SE KLAPPERROOM HOENDER KERRIE
Foto en resep: Suretha Jansen de Swardt
FOOD LOVERS RECIPES
8 – 10 hoender porsies, afgewas
1 groot ui, fyngekap
2 – 3 knoffelhuisies
1 blik 400 g heel geskilde tamaties
250 ml klapperroom
1 groen soetrissie, nie te grof gekap nie
olie
1 teelepel fyn gemmer (vermeerder na smaak/grootte –maak myne hoogvol)
2 eetlepels kerrie (ek het Rajah mild gebruik)
sout en peper
Soteer ui en knoffel tot deursigtig in bietjie olie.
Voeg die gemmer, kerrie en peper by en laat die geure ontwikkel (so ½ min). Lg. maak vir my tog ‘n groot verskil.
Voeg hoenderporsies by en die bietjie afspoel watertjie onder in die bak.
Sny tamaties fyner en voeg by saam met die sous van die tamaties. Sout na smaak.
Stel plaat af na ‘n stadige prut. As dit te droog lyk voeg nog bietjie water by, maar wees versigtig met die water.
Hou ingedagte dat die klapperroom nog moet by kom.
Prut vir ongeveer 40 – 45 min of tot jy sien die vleisies is lekker sag.
Voeg klapperroom en gekapte groen soetrissie by.
Roer deur en laat lekker deur prut. Nog so 10 min kan nie skade doen nie.









geskuif