
LEKKER ROLKOEK POEDING
1 rolkoek,
1 groot blik ingelegde vrugte ( enige vrugte van u keuse) fruit cocktail ook baie lekker.
Roomys.
Sny rolkoek in skywe en pak in n oondpan of glasbak. Gooi vrugte oor.
Skep lepels vol roomys bo op vrugte. Klits 2-3 eierwitte styf -gooi bietjie strooisuiker na smaak by.
Skep eierwitte oor roomys en bak in oond tot eierwit mooi verbruin het en gaar is by 180 grade C.
Bedien met vla of net so.
Resep geplaas deur Anet Grove
( resep van my skoonsuster-Bessie Young Grove).






