

KERRIE EN RYS VERRASSING
Genoeg bestanddele vir die hoeveelheid porsies wat jy wil maak. (die porsie grootte hang af van hoe honger julle is)
bees maalvleis
tastic rys
eiers
ui, gerasper
chips – balsamic vinegar geur, fyngemaak
sout, swart pepper, pietersielie, worcestersous, fyn naeltjies en kruie na smaak
Vir die sous:
uie, gekap
kerrie
borrie
chutney
klappermelk – eie keuse bestanddeel
Kook jou rys soos op die pakkie, moet nie afspoel nie sodat dit lekker klewerig is. Laat heeltemal afkoel
Skei die eiers, klits die geel en wit apart
Meng jou maalvleis met die uie, fyn chips, kruie, speserye en die eiergeel, maak seker dit is lekker gegeur
Meng jou rys met die eierwit en gooi bietjie pietersielie by jou rys. ( moet nie te loperig wees nie.)
Neem nou jou individuele bakkies of koppies, smeer goed met botter, druk die rys teen die kant van die koppie/bakkie vas,
maak ‘n lekker groot holte in die middel, stop die holte met maalvleis.
Bak in voorverhitte oond by 180 grade C vir ongeveer 20 min of tot maalvleis gaar is.
Haal uit en keer elke bakkie om op ‘n opdien bord. Help dit om ooi uit teval sonder om te breek.
Maak jou sous deur die uie te braai in bietjie olie, gooi jou kerrie, borrie en sout by en braai bietjie, skep ‘n lekker klomp chutney by, draai die hitte af.
gooi nou jou klappermelk stadig by terwyl jy roer totdat jy genoeg sous en die regte dikte het na jou smaak. Maak sommer genoeg sous vir die opdiening.
Om op te dien sit die rys/maalvleis op die bord en gooi genoeg kerriesous oor, sit van die chips op die bord.
Geniet, dit is yummies en so rek mens jou maalvleis baie ver…
Rina Kleinhans






