

KARRINGMELK KOLWYNTJIES
250g sagte margarine
1 ½ koppie strooisuiker
4 eiers
1 teelepel koeksoda
1 koppie karringmelk
2 koppies meel
1 teelepel bakpoeier
knypie sout
5 eetlepels melk
1 teelepel vanilla geursel
Voorverhit oond by 180 ºC.
Voer 2 muffin pannetjies met papiertjies.
Room botter en suiker tot lig en donsig. Klits eiers by en meng goed. Meng koeksoda met karringmelk en meng by bottermengsel. Sif meel, bakpoeier en sout saam. Meng melk en vanilla. Meng meel en melk beurtelings by tot beslag mooi gevorm is. Maak die papiertjies ¾ vol en bak vir 20 min lank.
Resep en foto: Naudèa Visser






