KALAHARI SUSHI MET GEKARMALISEERDE UIE
500 g maalvleis (Springbok)
Simba Skyfies (Balsamic Vinagar)(my gunsteling)
Uie
Rys
Eiers
Sous van jou keuse (my ekstra bestandeel tamatiesous)
Garneer maalvleis soos wanneer jy vleisballetjies sou maak . As bindmiddel gebruik jy fyngemaakte Simba skyfies van jou keuse, asook ‘n eier .Ek rasper ‘n ½ uie ook in.
Rol maalvleis in ‘n wors vorm. Draai styf in foelie toe en bak in die oond tot gaar . (My 500 g maalvleis het gebak teen 200ºC 40min lank)
Kook intussen rys tot gaar garneer na smaak. Sny vleisrol in skywe so dik soos jy dit wil he .
Kies ‘n vorm wat effe groter is as vleisskyf wat jy gesny het . Skep rys buite om en druk vas .
Keer uit op bord en garnereer met gekarmaliseerde uie of sous van u keuse .
Dries Von Weidtz







