

KAASSKONS BROODJIE
625 ml koekmeel (Gebruik 500 ml glutenvrye- en 125 ml rogmeel vir glutenvrye broodjie)
20 ml bakpoeier
2 ml sout
5 ml mosterd[op]
250 ml kaas
80 ml olie
1 eier
+- 180 ml melk
Sif droë bestanddele 2 x saam.
Voeg kaas by.
Meng olie, eier en melk en ek sit bietjie heel korrel mosterd in die mengsel.
Meng alles goed saam.
Skep in klein broodpannetjie en bak so 20min by 180ºC.
Dit bly ‘n wenner en heerlike vir die kosblikke ook
RESEP EN FOTO: Rina Kleinhans






