HOLLANDSE KOEKIES
300 mℓ botter
300 mℓ suiker
420 mℓ meel
1 eier, geklits
5 mℓ bakpoeier
5 mℓ vanilla geursel
1 eierwit, net effens geklits
suiker
Verroom die botter en suiker saam.
Roer die vanilla by.
Sif die meel en bakpoeier by die mengsel.
Meng die geklitste eier by en knie.
Rol die deeg in klein slangetjies en rol elke slangetjie op om ’n plat, ronde koekie te vorm.
Doop die koekie in die eierwit en dan in suiker.
Pak uit op ’n bakplaat en bak by 180ºC tot gaar.