MAKLIKE PASTEIKORS
500ml ongesifte koekmeelblom
15ml bakpoeier
5ml sout
250ml melk
125ml sonneblomolie
2 eiers
Stel oond op 180°C. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam. Klits eiers, melk en sonneblomolie saam. Maak holte in die meelmengsel en gooi die vloeistof stadig daarin. Meng baie goed met houtlepel tot slap deeg. Smeer groterige oondvaste bak en smeer die helfte van die deeg met ‘n houtlepel op die boom van die bak. Skep enige gaar vleis, vis of groentevulsel bo-op en bedek met die res van die deegbeslag. Bak pastei sowat 30 minute tot goudbruin.
SA Jagtersboek*







