GESTOOFDE PERLEMOEN
Bedien 4
2 middelgrootte perlemoen, 7mm dik gesny, gestamp en gehalveer
25 ml olie
1 groot ui, dun gesny
250 ml droë witwyn
3 repies spekvleis, in 30 mm-stukkies gesny
12,5 ml gekapte pietersielie
sout, varsgemaalde swartpeper
‘n bietjie neutmuskaat
1 lourierblaar
10 ml hoenderekstrak
1. Verhit olie in braaipan
2. Voeg uie by en kook tot deurskynend
3. Voeg perlemoen by en braai liggies aan albei kante
4. Plaas in ‘n oondskottel, voeg wyn, spekvleis, pieterselie, sout, peper, hoenderekstrak, neutmuskaat en lourierblaar by. Bak teen 175º C vir 1½ uur of totdat perlemoen sag is.
5. As die vleistof verdamp gedurende gaarmaak, kan meer water bygevoeg word om meer sous te maak.
6. Sprinkel met vars gekapte pietersielie en bedien met gekookte rys.