GESOUTE BEESTONG
Kook die tong tot sag (water moet tong bedek )
Trek die velle af en laat afkoel tot koud!
Neem die volgende en meng saam:
± 400g blik fyn pynappel, afgewater
2 eetlepels Engelse mosterd
¼ koppie geel suiker
Sny die koue tong in skywe en braai vinnig in olie.
Pak een laag tong dan ‘n mengsel laag en herhaal, sorg dat heelbo nog ‘n lagie van die mengsel kom.
Bedek met foelie en maak stadig warm in die oond !
Foto en resep: – Gideon Louw








