BROCCOLI SLAAI MET FETA
Dis een van daai respte wat jy al die vorige dag kan maak, hoe langer dit in die yskas staam hoe lekkerder is dit.
1 kg broccoli
1 ui fyn gesny
1 koppie fetta
1 koppie gerasperde cheddarkaas
1 houertjie suurroom
1 koppie mayonnaise
Kook broccoli (dit moenie te sag gekook word nie) Ek sit dit net ‘n paar minute in die mikrogolfoond.
Laat afkoel en meng die res van die bestanddele by.
Heelik saam met braaivleis.
Louise Venter








