Ek het n vorm uitgedruk uit die blaardeeg met ‘n mini losboom quiche vorm…het hom gebak en in die helfte gesny. Toe het ek ‘n dik vla gemaak en so n cm (kon dikker gewees het) vla in dieselfde quiche pan gegooi en verkoel…ek het dit uitgehaal en afgegly op die onderste gedeelte van die blaardeeg…toe het ek appels gekaramaliseer met kardamomsade en steranys, afgekoel en bo-op die dik vla gestapel…n dun vla gemaak en bo_oor gedrizzle en deksel van blaardeeg lossies bo-op gesit…
Baie dankie…dit was vet pret!
Elsa van Antwerpen Kleinhans








