

STOMPIE SE GEBAKTE KORSLOSE MELKTERT
Stel oond op 180°C.
Meng die volgende bestanddele in bakkie en meng met 1½ koppie melk:
210 ml Maizena (140 g)
120 ml koekmeel (90 g)
1 ml fyn kaneel
2 ml sout
Skei 6 eiers en klits eiergele en 5 ml vanilla geursel saam voeg by pastamengsel.
Kook die volgende saam tot dit amper wil oorkook:
6½ koppies melk
2 koppies suiker
250 g margarien
As melk kook, haal van plaat af en klits pasta vinnig by. Moenie weer op plaat sit nie. Klits eierwitte tot styf maar nie droog nie. Vou in melkmengsel in. Skep in gesmeerde oondpan en bak vir 30 minute, nie langer as 30 minute nie. Die tert sal nog drillerig wees, maar stol na ‘n ruk gestaan het, strooi kaneel oor.
Resep en foto: Stompie Theron Borman







Hi het die resep probeer, baie maklik om te maak en heerlik. Ek het nie vanielje geursel gehat nie toe gooi ek brandewyn essence in 2,5 ml vir ‘n lekkerskop.LOL