RIA SE VETKOEK
8 koppies meel
1 pakkie gis
2 teelepels suiker
3 teelepels sout
100 ml olie
650 ml louwarm water
3 geklitste eiers
Sif die meel gooi aan die een kant die sout, aan die anderkant die gis, en die suiker bo op die gis. Dan gooi ek die olie, geklitste eiers en die louwarm water oor. Knie dit tot dit glad en elasties is, en laat rys op warm plek tot dubbel die hoeveelheid. Ek knie gewoonlik myne af en laat weer rys, maar dit is ‘n kwessie van smaak. Ek vind die vetkoek is dan lekker fyn gerys. Nou kan jy dit in die olie bak.
Of rol dit dan dun uit en skep die vulsel op, gooi nog n lagie deeg bo oor en druk af en laat weer rys en bak dit dan in olie nie te warm nie
BRON- . Ria Jacobs
FOTO: ANSI FOURIE PYPERS FOURIE








