

SJOKOLADE KOEK VERSIERSEL OP DIE STOOF
200 g (250 ml) suiker
25 g (50 ml) mielieblom
20 g (50 ml) kakao
7 ml kitskoffiepoeier
375 ml water
45 g (50 ml) botter of margarien.
Meng al die bestanddele saam in die boonste deel van ‘n dubbele kastrol. Plaas dit op kokende water en roer aanhoudend totdat die mengsel dik is; dit duur nogal lank. Laat dit afkoel. Smeer tussen koeklae of bo -oor koek.
WENK:
Ek het nie dit oor kookwater gedoen nie, ek het dit in ‘n kastrolletjie gesit en op medium hitte verhit en geroer en geroer en geroer, Later het ek gedink dit sal nooit dikker word nie, toe het ek dit bietjie warmer gestel totdat dit so liggies begin prut. Ek het dit vir ‘n minuut laat prut en toe afgehaal . As dit afgekoel is kan jy dit met ‘n lepel op die koek skep en dan smeer, dit sal langs die kante afloop , maar dit gee dit daardie genache effek. Dis regtig lekker en nie so soet soos versiersuiker nie. Probeer dit gerus.
RESEP EN FOTO: Erina Dell






