NATHALIE SE KERRIE NOEDELSLAAI
1 pak noedels van eie keuse
1 blik kondensmelk (kan vervang word met tangy mayonaise en 150g suiker gemeng)
1 blik tamatiepuree
25 ml kerriepoeier na smaak
bietjie olie
ertjies
mielies(as gevriesde kook saam met noedels)
klein uitjies
agurkies
soetrissies gesny in blokkies
sout en peper en pietersielie
Kook noedels(as jy n lekker alternatief vir sout wil he kook jou noedels met ‘n blokkie chickenstock blok net tot amper gaar en dreineer, spoe laf met koud water en voeg bietjie olie by sodat dit nie gaan plak nie, laat afkoel.
Meng solank die kondensmelk, tamatiepuree, sout, peper, kerrie en as gewens bietjie peri-peri.
Meng nou die (blikkie) mielies en ertjies of gevriesde saam gekook met noedels. Agurkies en uitjies en soetrusies saam. Sit in koelkas vir 2 ure of oornag, roer gereeld om die smaak mooi in al die noedels in te laat trek. Net voor bediening versier met n bietjie pietersielie!
BRON: Nathalie Jessica Koekemoer
FOTO: Ronel Malan








