

JACO SE PANNEKOEK
3 koppies koekmeel
1 koppie melk
2 en ‘n bietjie koppies water
1 teelepel bakpoeier
3 eiers
olie in deeg
Meng bogenoemde saam tot ‘n gladde deeg.
Temperatuur op medium hitte, bietjie olie in pan. Maak 21 dun pannekoeke. Ek sit die pannekoeke in ‘n warm oond van so 110°C na ek klaar gebak het. Maak dit sag en weer mooi warm.
Foto en resep: Jaco Bester






