MARGARIEN BAKKIE ONTBYT-BROOD
My man se idee van ontbyt op ‘n Sondagoggend.
Moenie jou lee margarien bakkies was nie, bere in yskas tot Sondag.
Plaas ‘n sny gesmeerde brood onder in die bakkie.
Dan repies gaar spek, skyfies tamatie, gebraaide uie, kaas (wors, biltong skyfies of wat ook al).
Breek ‘n eier bo-op.
Herhaal die lae tot bakkie vol is.
Bak in mikrogolf tot eier na maak (jy moet maar eksperimenteer tot dit na jou smaak is want die kg bakkie sal langer neem vir eierwit om te stol en dit hang af van smaak hoe die styf eiergeel moet wees).
Keer bakkie om, sny in skywe en geniet.
Jy gaan net borde en messegoed hê vir skottelgoed (gooi die bakkie weg) en volgende keer gebruik jy die volgende margarien bakkie.
Resep idee Annetjie van Huyssteen








