KOEKSISTERS – MET CHILLIE SOUSIE
genoeg vir 36 klein koeksisters
STROOP:
5 koppies suiker
3 koppies water
125ml sweet chilli sauce (mild)(Wellington’s)
60ml sweet chilli fruity sauce (hot)(Wellington’s)
Verhit die suiker en die water saam oor matige hitte en roer tot die suiker opgelos is. laat prut die suikerstroop vir 19 min. Haal af laat afkoel en sit oornag in yskas. Voeg die chillie souse by.
DEEG:
4 kop meel
15 ml bakpoeier
knypie sout
30 ml botter
1 eier
375ml melk
olie vir braai
sif meel , bakpoeier en sout saam. Vryf die botter by meelmengsel, tot dit soos broodkrummels lyk
Klits die eier en die melk saam en voeg bietjie vir bietjie by meelmengsel om sagte deeg te vorm
Knie tot elasties en laat vir so 30 min rus.
Rol deeg uit en maak vlegsels
verhit olie en braai tot goudbruin
DOMPEL IN YSKOUE STROOP
(TAN Maria) Riana du Plessis