

MA ALTA SE DOPPIES
3 koppies koekmeel
1 teelepel sout
2 teelepels bakpoeier
250 g magerien
2 eetlepel melk
2 eiers
Sif droë bestanddele goed saam, vryf magerien in die meelmengsel in.
Klits eiers en melksaam en meng liggies by die meelmengsel in.
Dis reg vir rol. Rol dun uit en plaas in klein kolwyntjie pannetjies, prik paar plekke met ‘n vurk. Bak 220ºC vir 15 min
Resep: Nicoliende de Waal







Ek is seker daar is ‘n fout in hierdie resep. 2 Koppies melk? Dan is dit soos plaatkoekie deeg.
Hallo Nellie, baie baie dankie vir die terug voer, ek het probeer om vir Nicoliende wie die resep opgesit het aan die hande te kry, sodra ons terugvoer het van haar, sal ek terug kom na jou toe. Mooi dag.
Die mate van die melk is verkeerd en moet lees 2 eetl melk soos ek dit nou verander het, baie jammer vir enige ongerief