TUISGEMAAKTE SOUSBONE
Week 1 kg bone oornag in kookwater. Water volgende dag af – as daar water is.
Kook dan in die prutpot of op die stoof met genoeg kookwater om bone te bedek.
Wanneer sag gekook, voeg by:
1 koppie suiker
1 koppie asyn
Paar draaie swartpeper
Laat goed deurkook.
Maak sous bietjie dikker met maizena wat met bietjie water aangemaak is. Kook goed deur.
Bottel in voorbereide bottels en verseel dadelik!
Hoop julle eet net so lekker soos ons daaraan.
Resep: Elize Herholdt
Foto: Rina Kleinhans