Vir die marinade:
sap van 1 suurlemoen
5 vars tiemietakkies, blaartjies gestroop van takkies
¼ koppie olyfolie
¼ koppie port
varsgemaalde swartpeper, na smaak
½ teelepel wonderpeper
Vir die sous:
1 eetlepel botter
1 eetlepel olyfolie
1 ui, fyn gekap
2 knoffeltone, fyn gekap
½ teelepel fyn wonderpeper
100 g vars koemkwats, halveer en ontpit
2 eeetlepel bruinsuiker
3 vars tiemietakkies, blaartjies gestroop
¾ koppie gehalte rooiwyn
1 koppie gehalte hoenderaftreksel
75 ml port
sap van 1 vars lemoen
Maak eers die sous en braai dan die vleis ongeveer 15 minute voordat die sous reg is:
Verhit die botter en olie in ‘n klein kastrol oor medium hitte en braai die ui daarin tot deurskynend.
Voeg die koffel by en braai vir ‘n verdere 1 minuut.
Die res van die bestanddele kan dan bygevoeg word.
Prut vir ongeveer 40 minute of totdat die sous verdik het en die koemkwats sag is.
Vir die vleis:
Marineer die vleisporsies in die marinade oornag of vir ten minste 5 ure
Sodra die sous amper reg is, kan olyfolie in ‘n pan oor redelike hoë hitte verhit word en die vleis met die marinade kan dan versigtig daarin geplaas word en vir 7 minute aan elke kant gebraai word, of langer indien gaarder vleis verkies word.
Bedien saam met warm bros brood of romerige kapok-aartappels.







