GESONDHEIDSBESKUIT
Foto: Cecilia Woest Hunwick
FOOD LOVERS RECIPES
Smelt saam en laat afkoel:
500 g margarien
2 koppies suiker (of 1 koppie suiker en 1 koppie heuning)
Meng saam:
3 koppies koekmeel
1 koppie wheat bix
1 koppie semels
2 koppies oats
3 koppies nutty wheat
2 teelepels koeksoda
50 ml bakpoeier (10 teelepels)
1 teelepel sout
500 ml karringmelk
1 koppie klapper
gebakte neute, opsioneel
Meng karringmelk by gesmelte botter/suiker.
Meng al die droë bestanddele. (Dit is nie ‘n stywe deeg nie, maar dit is wel klewerig.)
Druk met hande in 2 groot oondpanne.
Bak in oond van 180°C vir 10 min.
Stel oond af na 160°C en bak vir verdere 30 min.
Sny in repe (liniaal-breedte) en dan in vingerlengte.
Droog uit in oond by 100°C vir 4 – 5 ure (eie keuse).








