FLORAINE SE 123 ROOIKOEK
Hierdie is resep wat ek Sondag foto van opgesit het. Dit proe heerlik, ek het die 123 koekresep as basis gebruik en toe bietjie rondgespeel. Klam, geurig en sag!
8 eiers, geskei
320 ml strooisuiker
180 ml olie
500 ml koekmeel
30 ml kakao
10 ml bakpoeier
250 ml karringmelk
5 ml sout
10 ml vanilla geursel
10 ml rooigeursel
1 botteltjie crimson pienk kleursel
METODE
Klits eiergele, en 160 ml suiker saam met olie tot lig, klits tot alle suiker gesmelt het.
Verhit karringmelk tot louwarm, meng kakao daarin.
Sif koekmeel, en sout, voeg by eiermengsel, dan karringmelk/kakao.
Meng liggies deur. Klits eierwitte met nog 160 ml suiker tot blink, vou in by bogenoemde en meng deur, voeg laaste die bakpoeier en geursel en kleursel by, meng deur. Bak by 180 c vir 20-30 minute.
Versiersel
1 pak wit versiersuiker
150 ml wit margarine
bietjie warm melk
Klits in menger met K klopper tot lig en wit, dit moet sagte tekstuur he.
ENJOY!!
Foto en resep geplaas deur Floraine Wasserman Venter