

DINE SE BOBOTIE
3 groot uie
4 teelepels kookolie
1 kg maalvleis
2 ml koljander
½ teelepel swartpeper
4 teelepels kerriepoeier
2 teelepels borrie
4 teelepels bruinsuiker
4 teelepels appelkooskonfyt
4 teelepels asyn
2 snye witbrood geweek in 1 koppie melk
½ koppie rosyne
2 suurlemoenblare
2 eiers
Bo-oor:
1 koppie melk
2 eiers
2 suurlemoenblare
Verhit die olie in ‘n pan op die stoof en braai die uie tot deurskynend, voeg die speserye by en braai tot die geure ontwikkel het. Skep die mengsel uit en plaas eenkant.
Voeg die vleis in dieselfde pan en braai die vleis tot gaar.
Voeg die uiemengsel by die vleis en voeg die bruinsuiker, appelkooskonfyt, asyn en witbrood wat in melk geweek is, by die vleismengsel, roer goed deur en kook deur. Roer die rosyntjies by en meng.
Skep die bobotiemengsel in ‘n oondskottel.
Meng die melk en eiers vir die bo-laag en giet dit oor die vleis, druk die suurlemoenblare in die gereg.
Bak die gereg in ‘n voorverhitte oond by 180ºC vir 20 minute.
Dine se notas:
Mens kan natuurlik wildsvleis ook vir bobotie gebruik. Dit gee net ‘n losser tekstuur aan die maalvleis.
In argiewe kan mens gaan oplees dat Van Riebeeck ‘n “bobotiepot” bestel. Mens kan dus aflei dat hulle bobotie geken het. ‘n Teelepel borrie by die rys is wat die rys so geel gekleur. Hierby kom hanepootrosyntjie en ‘n groot klont botter. Suurlemoenblare word opgerol en in die bobotie gedruk vir die lekker en die mooi.
Saam met die bobotie bedien ons altyd blatjang, atjar en tamatiesambal.
Resep geplaas deur: Rene Truter Wessels
One thought on “DINE SE BOBOTIE”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Geskuif