
WARM KAAS EN AARTAPPEL SLAAI
4 groot aartappels
120 g kaas, in blokkies gesny
2 repe spekvleis, gebraai en gekap
125 ml Franse slaaisous
gekapte grasuie
Kook aartappels in kookwater tot sag. Trek skil af en sny in blokkies. Plaas in opdien-bak.
Voeg kaasblokkies by en meng. Sprinkel spekvleis oor.
Verhit slaaisous maar moenie kook nie. Giet oor slaai, sprinkel grasuie oor en dien dadelik op.
‘n Ligte slaai wat ook goed vertoon:
Blaarslaai, swart en wit druiwe, kersietamaties en fetakaas.
Skywe gerookte kaaswors of lekker nat biltong kan addisioneel bygevoeg word.







Geskuif.