Food Lovers Recipes
info@foodloversrecipes.com
  • Recipes
  • Recipe books
  • Comments
  • User manual
  • Recipe
  • Login
  • Account

VRIENDSKAPSKOEK

Posted on June 1, 2013 by Rina Kleinhans Posted in Brood / Bread, Koeke / Cakes 1 Comment
image_pdfimage_print

VRIENDSKAPSKOEK
(Uit my oorlede Skoomma se resepteboek)
Plantjie:
125 ml koekmeel
2 ml suiker
125 ml lou melk of water (of mengsel van die twee)
2 ml aktiewe droë suurdeeg of ¼ koekie saamgeperste suurdeeg

Meng al die bestanddele goed saam en laat 2-3 ure staan op ‘n warm plek tot skuimerig. Roer dit af en plaas dit in ‘n glasbottel met ‘n skroefdeksel.
Dit kan ook ‘n in ‘n mengbak gesit word wat met waspapier of kleefplastiek bedek is.

Begin die volgende proses as jy vir ‘n vriendin ‘n plantjie wil gee
By ontvangs voeg by:
1 koppie koekmeel
1 koppie suiker
1 koppie melk
½ teelepel sout
Bere in ‘n ligdigte houer, maar nie in die yskas nie.
Roer elke dag vir 5 dae lank.
Op die 5de dag voeg by:
1 koppie koekmeel
1 koppie melk
½ koppie suiker
Meng goed en bere vir nog 5 dae.
Roer elke dag.
Op die 10de dag dan skep jy 3 koppies uit. Hou 1 koppie vir jouself en gee 1 koppie elk aan vriendinne met die instruksies.

Voeg dan die volgende by die oorblywende mengsel in jou houer:
2 koppies koekmeel
2 teelepels vanilla geursel
1 koppie suiker
½ teelepel sout
160 ml olie
½ teelepel kaneel
2 eiers
½ teelepels bakpoeier
1½ teelepel koeksoda opgelos in ‘n bietjie kookwater of warm melk
Meng baie goed en voeg enige van die volgende by mengsel:
(Dit moet 2 koppies vol wees)
Rosyne, kersies, neute, klapper, dadels.
Smeer 2 broodpannetjies.
Bak vir 40 to 50 min. by 180°C.
VOEG BO-OOR DIE KLAAR GEBAKTE BRODE DIE VOLGENDE STROOP:
Kook alles eers saam:
¾ koppie melk
¼ koppie suiker
30 ml margarien
As jy nie wil voortgaan met die vriendskapskoek nie, gee dan net een vir ‘n vriendin.

Resep geplaas deur Rene Truter Wessels

Share this...
Share on facebook
Facebook
Share on pinterest
Pinterest
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
Linkedin
« FLORAINE SE HUMMUS
TUNA AND SPINACH LOAF »

One thought on “VRIENDSKAPSKOEK”

  1. Rina Kleinhans says:
    January 23, 2020 at 9:13 am

    geskuif

    Log in to Reply

Leave a comment Cancel reply

You must be logged in to post a comment.

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.

        

Soek / Search

Your Recipe blog

View our new blog at Your Recipe Blog

Food Lovers Recipe
        

Soek / Search

  • Privacy Policy
© Foodlovers Recipes

You cannot copy content of this page

DISCLAIMER: BY SUBMITTING CONTENT TO THIS WEB SITE, YOU ACKNOWLEDGE AND AGREE THAT THE TERMS AND CONDITIONS STATED IN THIS POLICY APPLY TO YOUR INTERACTIONS WITH ANY WEB SITE COMMUNITY AND THAT GOOD AND VALUABLE CONSIDERATION HAS BEEN PROVIDED TO YOU. IF YOU DO NOT AGREE WITH THESE TERMS AND CONDITIONS, DO NOT SUBMIT CONTENT TO THIS WEB SITE OR OTHERWISE ACCESS ANY COMMUNITY FEATURES ON THIS WEB SITE.