VLAKVARKBREDIE
2 kg vlakvark, in blokkies gesny
250 ml koekmeel (gegeur met sout, peper en gemengde, droë kruie)
45 ml olie
45 ml botter
1 pak (250 g) repiespekvleis, gesnipper
2 groot uie, in wiggies gesny
4 knoffelhuisies, in stukkies gesny
500 ml wildsaftreksel
10 middelslag baba-aartappels, gehalveer
250 ml port
2 lourierblare
2 takkies vars roosmaryn
1 pak (250 g) knopiesampioene, grof gesnipper
125 ml – 250 ml suurroom
Vars pietersielie,
vars gerasperde suurlemoenskil,
sout en peper na smaak.
Druk die vlakvarkblokkies deeglik droog en bestuif dan met die gegeurde meel.Verhit die botter en olie saam in ‘n pot en braai die vleis in lotte tot goed bruin. Skep uit met ‘n gaatjieslepel en hou eenkant.
Braai die spek, uie en knoffel in die orige botter-en-olie-mengsel tot die uie sag is. Sit die vlakvarkblokkies terug, voeg die aftreksel by en verhit tot kookpunt. Bedek en prut vir ongeveer 1 ½ uur of tot die vleis sag is.Voeg die aartappels, port, lourierblare en roosmaryn by en prut oop vir nog 30 -45 minute. Voeg die sampioene by en prut tot gaar.
Roer die suurroom, pietersielie, suurlemoenskil, sout en peper by.
Sit voor op krummelpap.
Foto: Martie Fourie Moolman
Resep geplaas deur Martie Fourie Moolman
Dit was heerlik, glad nie na wild geproe nie, ek het net ‘n paar kruie naeltjies ingegooi en saam met maroela jellie en pere voorgesit. Almal hier eet nie pap nie en die koring daarmee saam was baie lekker! Was heerlik sag en romerig!









geskuif