VINNIGE PEPPERMINT CRISP TERT
Bestanddele:
2 pk suurlemoen jellie
1 blikkie Ideal melk
1 blik Caramel kondensmelk
2 pk Marie beskuitjies
3 x Peppermint Crisp choc’s
Aanwysings:
1. Los jellie poeier op in helfte van water (helpfte van voorgeskrewe hoeveelheid op pakkie se gebruiksaanwysings)
2. Gebruik net kookwater
3. Laat afkoel tot kamertemperatuur
4. klits Ideal melk tot skuimerig
5. Klits die caramel goed, en meng dit dan met die jellie en die Ideal melk.
6. Pak in lae in bak, met marie beskuitjies onder elke laag.
7. Rasper Peppermint Crisp tussen-in en bo-op.
8. Laat oornag in yskas staan.
BRON: Karien Venter