SOUSERIGE PANNEKOEK
2 groot eiers
2 koppies meel
2 teelepels bakpoeier
2 koppies melk
100 ml olie
knippie sout
Klits al die bestandele saam en gooi genoeg beslag in die pan om lekker dun pannekoeke te bak. Die beslag moet lekker loperig wees.
Strooi die suiker en kaneel (gemeng) oor en sit ‘n klontjie botter op. (Hou toe met deksel)
As al die pannekoeke klaar gebak is, rol op, pak laag in glasbak, strooi weer bietjie kaneelsuiker oor en nog klontjies botter. Herhaal tot klaar, sit foelie op en in die lou oond vir so 15 min.
Bron en Foto: Sonja Young








