PATAT-SPINASIE EN SPEKTERT
4 medium of 3 groot rooi soet patats
1 groot uit of 2 medium uie
1 bos spinasie
1 pakkie baconbits (die stukkies wat gekerf is nie die repe met vet nie)
1 koppie plein jogurt
1 eetlepel bruinsuiker
2 groot eiers
1 teelepel suurlemoensap
1 teelepel mosterdpoeier
1 teelepel maizena
Suurlemoenpeper en olyolie vir braai van patat
Sny patat in dun skywe en braai in bietjie olyfolie en suurlemoenpeper dit halfsag. Dreineer en pak jou bak se onderkant en rand met die patat. Hou so paar sny vir garnering
Kerf die spinasie in repies en plaas in ‘n bakplaat in die oond vir so 10 min teen 150 ºC sodat dit droog en krakerig bak
Pak die krakerige spinasie nou bo-oor die patat (onderkant en kante van bak). Hou genoeg oor om die bokant te bedek.
Braai jou uie en spek met bruinsuiker tot goudbruin en skep dit as vulsel bo-oor die spinasie.
Klits eiers, jogurt, suurlemoensap, maizena en mosterdpoeier tot romerig en giet egalig oor die spek
Pak die boonste laag toe met die oorblywende spinasie, garneer met oorblywende patat.
Bak in oond teen 160 ºC vir so 25 min
Heerlik met ‘n lekker griekse slaaitjie. Indien jy nie spek wil gebruik nie, opgekerfte hoender werk net so goed.
Foto en resep deur Annelie Van Wyk








