PAMPOENTERT VAN ENIGE PAMPOEN
Foto: Wilna Dorfling
FOOD LOVERS RECIPES
3 kopiies pampoen
1 kaneelstok
1 eetlepel suiker
1 koppie koekmeel
4 teelepels bakpoeier
1 koppie suiker
4 eetlepels gesmelte botter
2 eiers
1 teelepel sout
1 koppie room
kaneelsuiker vir strooi
Kook die pampoen met die kaneelstok en suiker, tot dit sag is en droog gekook het.
Druk die pampoen fyn. Roer die meel, bakpoeier, suiker, botter en sout by.
Laastens kom die room by.
Meng goed, skep in ‘n gesmeerde oondskottel en strooi kaneelsuiker oor.
Bak vir 30 minute teen 180º C.
ns. Ek het myne so 45 min gebak- baie lekker –








