OUTYDSE KARRINGMELK BESKUIT
1.5 kg bruismeel
500 ml suiker
500 ml karringmelk
10 ml sout
500 g margarien
3 eiers, geklits
Meng die droë bestanddele saam en voeg die suiker by.
Smelt margarien en voeg karringmelk by.
Voeg die eiers by en klits tot goed gemeng.
Voeg die droë bestanddele by en meng tot sagte deeg.
Maak balletjies, sit in panne en bak.
Wenk:
Die beskuit kan ‘n rukkie op die tafel gelos word sodat dit effens kan rys voordat dit gebak word, dan is dit eers lekker.
Resep geplaas deur Pieter Velthuizen
Foto: Liezel Van der Merwe
Olga Jacqueline Seaward:
Vir beter tekstuur kan die botter gesmelt word tot kookpunt. Voeg die suiker daarby en klits met elektriese klitser totdat die suiker opgelos is. Voeg dan die karringmelk by en klits weer goed en dan die eiers. Klits tot lekker romerig en meng dit dan met die meel.