OM PITTE IN DRUIWEKONFYT TE LAAT OPKOM
En ook wenke vir geur.
Sit 15 ml asyn vir elke 500 g druiwe by, maar volgens my resep moet jy dit bygooi terwyl die konfyt kook, dan kom die pitte boontoe. Wanneer die konfyt klaar gekook het, kan jy die pot in ‘n bak koue water plaas, dan kom die pitte ook op na ‘n paar minute. Nog ‘n paar wenke, gooi 3-4 vye blare by, dit maak die geur baie baie lekker, en jy kan ook bietjie anys bysit vir ‘n lekker geur.
Annerise Augustyn – Plaas warm kastrol op ‘n nat lap, dan spring pitte almal na oppervlak en kan afgeskep word met ‘n skuimspaan.
Foto: Sonja du Toit – baie dankie die metode het gewerk… met sif geskep met water onder pot in wasbak!








