MARINADE VIR HEERLIKE RIBBETJIE
150 ml tamatiesous
75 ml blatjang
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper
5 ml mosterdpoeier
2 ml droë basiliekruid
50 ml witasyn
50 g ligbruinsuiker
12,5 ml worcestersous
1 ml tabasco-sous
12,5 ml sojasous
75 ml heuning
50 ml appelkooskonfyt
Plaas ribbetjies in ‘n groot pot saam met die ui, knoffel, peperkorrels en lourierblare. Bedek met water en bring tot kookpunt, laat stadig prut vir 40 – 50 minute of tot vleis sag is. Dreineer.
Verhit oond tot 180 °C. Plaas al die bestanddele vir die marinade in ‘n middelslag-pot oor lae hitte. Roer stadig vir 10 minute of tot alles opgelos is. Voer ‘n oondpan met tinfoelie uit. Pak ribbetjies in die pan en gooi marinade oor. Bak vir 30 – 40 minute terwyl jy die ribbetjies elke nou en dan omdraai. Bak tot goudbruin en bros.
Geplaas deur Marie Rheeder Troskie









